Pages

Friday, October 29, 2010

DANKBAAR (Translation: Thankful)

A friend of mine, Mr Roelof Steyl, has given me permission to post a poem he wrote recently.  It is written in Afrikaans so my apologies to those who can't understand it. Enjoy.

DANKBAAR
(Deur Roelof Steyl)

In genade kyk Vader na ons,
In genade is ons geskep.

Gevorm in die moederskoot,
Geweef en laat leef.

Ons opdragte was eenvoudig,
LOOF MY EN VERTEL VAN MY…

Ons is geskape
Tot die beeld van God,
Gemaak om in lewe te getuig…

Elke vaset van ons wese moet blink
Elke glimlag tot sy eer.

Dikwels verloor ons visie,
Ons kyk verby Sy almag…
Ons focus op die uiterlike
En judge dit wat vreemd is…

Tog in die soeke na ‘n antwoord
Die soeke na ons Vader
Kyk ons dikwels die antwoorde mis…

Voor ons,
Om ons,
Binne ons,
Bo ons…
Ja orals is die wondere van God…

Daagliks besoek daar engele
Wesens vanaf die koningkryk…
Hul word gestuur on ons te leer van dankbaarheid
Te verstaan van ons nietigheid…

Kyk om jou,
Dank die Here jy het ‘n asem…
Jy kan vorentoe stap in verwondering
en aanhou lewe vir Sy wil:
Loof Hom Prys Hom…

Daar kom storms,
Jy het dalk al ook gekruip…
Modder on jy heupe,
Water by jou neus…

Job self het gewankel,
Stomme man op ‘n hoop…
Tog met almal om hom,
Het hy bly vasklou aan die word:
Die Here Gee,
Die Here Neem,
PRYS SY WONDERLIKE NAAM!!!

Niemand het gesê dis maklik,
Niemand het gesê dit is ‘n breeze…
Maar jy is hier met ‘n opdrag:
LOOF HOM PRYS HOM GEE HOM EER!!!

(Geskryf aan 'n Pienk engeltjie wat my baie geleer het in my diepste tyd van seer en pyn... Shons, May God bless you for being a blessing...)

No comments: